25 Julie – Wees getrou aan mense
'n Vriend betoon te alle tye liefde, en 'n broer is gebore vir tye van nood. - Spreuke 17:17 (AFR20)
Ons het mekaar nodig. Of dit nou familie of vriendskap is, daar is tye wat ons hulp nodig het en dit is die mense om ons wat ons kan help.
Ons het ook n verantwoordelikheid teenoor ander mense om getrou te wees en gereed of beskikbaar wees om te help.
Is jy beskikbaar of gereed om ander te help?