25 Augustus – Dankbaarheid in gebed
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. - Filippense 4:6 (AFR20)
Gebed moet nie gaan sonder danksegging nie. Hier word ons aangemoedig om ons versoeke te rig in gebed met danksegging. Met danksegging herinner ons onsself aan dit wat ons klaar het en waarvoor ons dankbaar is. Dit hou ons tevrede met die uitkoms van die gebed en hou ons fokus op die regte plek.
Ons kyk nie vas in ons versoeke nie, maar sien God se hand van voorsiening en beskerm ook raak.