24 November – Volhard met dankbaarheid
Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. - Kolossense 4:2 (AFR20)
Dankbaarheid help ons om te volhard in gebed. Dit is moeilik om te volhard in iets wanneer ons 'n verkeerde gesindheid het; ons sal moeg en moedeloos word. Wanneer ons 'n positiewe gesindheid het, dan is dit makliker om te volhard.
Waarvoor kan jy vandag dankbaar wees?