24 Junie – God is betrokke
Die Here sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd. - Psalm 121:8 (AFR20)
Die Here sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd. - Psalm 121:8 (AFR20)
God waak oor ons waar ons gaan en kom. Hy is betrokke by elke deel van ons lewe. Hy wil ook graag betrokke wees by ons lewens, veral ons dag tot dag lewe. Hy is 'n persoonlike God wat vir my en jou baie lief het, wie deur en in ons wil werk om Sy doel in ons lewe te bewerkstellig.
Partykeer hanteer ons God asof Hy op 'n afstand is en vergeet ons dat Hy by elke deel van ons lewe betrokke wil wees.
Maak jy God tans deel by elke area van jou lewe? Of vergeet jy soms van Sy verteenwoordigheid?