24 Augustus – Tevredenheid beskerm teen gierigheid

Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe word nie bepaal deur die oorvloed van sy besittings nie.” - Lukas 12:15 (AFR20)

God waarsku ons teen 'n lewe wat deur ons besittings beheer word. Wanneer ons lewens deur gierigheid beheer word, dan is dit die dryfkrag en maatstaf waarvolgens ons lewe en besluite maak. Wanneer ons tevrede is, dan beskerm dit ons teen gierigheid. Dit beteken nie dat ons nie besittings mag hê of mag werk vir 'n goeie besitting nie - maar dit beteken dat ek nie gedryf word daardeur nie en dat dit nie my fokus of doel is nie.

In watter area moet jy dalk waak teen gierigheid in jou lewe?