23 September – Volhard selfs wanneer dit stil raak

23 September – Volhard selfs wanneer dit stil raak
Vertrou jou lewenspad aan die Here toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree. Hy sal jou geregtigheid soos die oggendlig laat verskyn en jou reg soos die middag son. Wees stil voor die Here, en krimp ineen van vrees voor Hom. Moet jou nie ontstel oor iemand wat sukses behaal op sy lewenspad nie, oor 'n mens wat komplotte smee nie. - Psalm 37:7 (AFR20)

Ons vertroue in die Here moet konstant bly. Selfs wanneer dit dalk stil word en dit voel of die Here dalk afwesig is, moet ons steeds volhard en vertrou op Hom. Die Here sal optree wanneer dit nodig is, dit is ons verantwoordelikheid om in geloof ons vertrou in Hom te plaas en om aan Hom vas te hou, ongeag wat om ons aan gaan. Ons voorsiening lê in die Here se hande. Ons moet saai en die lande werk, maar die Here bepaal die oes.

Volhard, al voel dit dalk stil.