23 Mei - Gedagtes onder beheer
Bedink die dinge daarbo, nie die dinge op aarde nie. - Kolossense 3:2 (AFR20)
Dit is maklik om ons gedagtes met allerlei dinge besig te hou. Ons het werk, familie, vriende, uitdagings, drome, probleme en nog baie meer. Wanneer ons ons gedagtes onder beheer kry en die dinge daarbo bedink - dan rig ons ons gedagtes op die Here en op dinge wat ewigheidswaarde het. Dit beteken nie dat ons nie omgee oor wat om ons aan gaan nie, maar dat ons na wat om ons aan gaan deur 'n ander bril of lens kyk.
Hoe is jou gedagtes die meerdheid van die tyd gerig?