1 min read

23 Junie – Werk met integriteit

Wie onberispelik leef, leef veilig; maar wie sy paaie vol kinkels maak, word betrap. - Spreuke 10:9 (AFR20)
23 Junie – Werk met integriteit
Wie onberispelik leef, leef veilig; maar wie sy paaie vol kinkels maak, word betrap. - Spreuke 10:9 (AFR20)

'n Lewe van integriteit in ons privaat lewens, sowel as by die werk - bring vir ons sekuriteit. Sekuriteit dat ons weet ons op die regte pad is en nie vir onsself onnodige moeilikheid veroorsaak nie, maar ook sekuriteit omdat ons weet dat ons reg leef teenoor God en Sy verwagtinge van ons.

Wanneer ek my werk met integriteit uitvoer, sien nie net God dit raak nie, maar ook die mense om my. Dit is 'n baie nodige eienskap waarvan jy die vrug sal pluk. Dit is nie altyd maklik nie en daarom kan ons vanoggend vir die Here vra om ons te help om ons werk met integriteit aan te pak.