23 Julie – God werk deur ons

In Hom word julle ook saam opgebou tot woonplek van God deur die Gees. - Efesiërs 2:22 (AFR20)

23 Julie – God werk deur ons
In Hom word julle ook saam opgebou tot woonplek van God deur die Gees. - Efesiërs 2:22 (AFR20)

Ons word saam opgebou. Nie alleen nie, maar saam word ons opgebou om 'n spesifieke doel te vervul. Ons word opgebou om 'n woonplek te wees vir God, deur die Heilige Gees. God gebruik ons om as 'n woonplek, 'n liggaam, 'n kerk te wees vir Sy teenwoordigheid. Sy teenwoordigheid is deur en in ons.

Dit is belangrik dat ons onsself gereeld herinner dat God deur ons werk om Sy doel tot stand te bring. Ons is Christus se hande en voete. Is ek deel van God se woonplek, of staan ek eenkant op my eie? Hoe kan jy jouself aan God beskikbaar stel sodat Hy deur jou kan werk?