23 Augustus – Vreugde in gehoorsaamheid

Gelukkig is mense wie se lewenspad onberispelik is en wat die wet van die Here volg! - Psalm 119:1 (AFR20)

23 Augustus – Vreugde in gehoorsaamheid
Gelukkig is mense wie se lewenspad onberispelik is en wat die wet van die Here volg! - Psalm 119:1 (AFR20)

Dit is nie altyd lekker om die pad van gehoorsaamheid te kies nie, maar wanneer ons doen word ons lewens met vreugde vervul en geniet ons God se seën. Die besluit self om te kies tussen reg en verkeerd en om te wandel volgens God se Woord is dalk op die ingewing van die oomblik nie 'n oomblik van vreugde nie, omdat ons worstel tussen die keuse van reg en verkeerd. Sodra ons daai keuse gemaak het en die regte keuse gemaak het, ervaar ons vreugde of blydskap oor die regte keuse.

Wanneer ons verkeerd doen, word dit gewoonlik gevolg deur teleurstelling of verwyt.

Daar is wel ook die geval dat ons vreugde kan beleef in die midde van die keuse omdat ons weet wat die uiteinde van die regte keuse is en ons is opgewonde om gehoorsaam te wees teenoor die Here.

Hoe jy daaroor voel en hoe jy vreugde beleef in gehoorsaamheid sal afhang van hoe onberispelik jou lewenspad is en hoe naby jy aan die Here wandel.