22 September – Groei deur gehoorsaamheid
Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. - Jakobus 1:22 (AFR20)
Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. - Jakobus 1:22 (AFR20)
Baie mense ken dele van die Woord, maar hul leef nie daarvolgens nie. Dit help nie jy luister na 'n preek en pas dit nie toe nie. Dit help nie jy lees die Bybel en gee nie gehoor nie. Dit help nie jy roep Jesus, Jesus, Jesus - maar jy VOLG Hom nie. Jy sal net groei as jy doen wat die Woord sê en nie net dit aanhoor nie.