1 min read

22 Mei – Vernuwe my denke elke dag

22 Mei – Vernuwe my denke elke dag
Julle moet eerder in die aard van julle denke vernuwe word. - Efesiërs 4:23 (AFR20)

Ons word aangemoedig om ons ou natuur, die persoon wie ons was voor ons tot bekering gekom het - te kruisig. Om die ou natuur af te lê. Dit beteken dat ons aktief moeite moet maak om te breek met ons ou self en ons moet die Here toelaat om ons denke te vernuwe, want dit is waar vernuwing eerste plaas vind.

Vernuwing van ons denke is iets wat voortdurend plaas vind en nie 'n eenmalige proses nie. Dus moet ons nie verbaas wees wanneer die ou self nou en dan kop uit steek nie - dit is wat ons doen met die ou natuur wanneer hy na vore kom wat saak maak.

Ons gaan nooit perfek wees nie, maar dit is nie 'n verskoning om nie die ou natuur af te lê nie.