22 Junie – God lei my hande
Mag die goedheid van my Heer, ons God, oor ons wees. En ons handewerk, hou dit vir ons in stand, ja, ons handewerk, hou dit in stand. - Psalm 90:17 (AFR20)
Mag die goedheid van my Heer, ons God, oor ons wees. En ons handewerk, hou dit vir ons in stand, ja, ons handewerk, hou dit in stand. - Psalm 90:17 (AFR20)
Ek en jy is die Here se hande en voete hier op aarde. Die Here gebruik mense, onder andere, om Sy wil te doen. Wanneer ons werk of rus, mekaar dien of help - wat ookal ons hande aanpak kan ons goed aan pak of sleg aanpak. Wanneer ons handewerk opbouend, eerbaar, goed, opreg en doeltreffend is - dan eer ons God.
Wanneer ons op die Here vertrou elke dag, dan mag ons Hom ook vra om ons hande te lei sodat dit wat ons aanpak geseënd sal wees en ons en God se Koninkryk, die vrug daarvan sal dra.
Waar vra jy vanoggend God se seën oor jou handewerk?