1 min read

22 Julie – Dien met wysheid

22 Julie – Dien met wysheid
Luister na raad en aanvaar vermaning, sodat jy uiteindelik wys kan wees. - Spreuke 19:20 (AFR20)

Wanneer ons raad en vermaning aanvaar, dan groei ons en leer ons om beter te doen met dit waarmee ons besig is. Dit is nie altyd maklik om raad en vermaning te aanvaar nie. Jy mag dalk dink jy is leersaam, maar eintlik sukkel jy om die raad wat ander gee toe te pas.

Partykeer is ons maar eiewys en doen steeds ons eie ding. Wanneer ons luister na raad, dan kan ons die Here beter dien met dit waarmee hy Ons toevertrou. Ons moet wysheid toe pas met die dien van die Here.