21 September - Volhard met geduld
... om 'n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede te stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God, en deur die mag van sy heerlikheid al die krag ontvang om geduldig in alles te volhard. Met blydskap. - Kolossense 1:10-11 (AFR20)

Ons praat van om te volhard wanneer dit moeilik gaan, maar ons dink nie aan die gesindheid waarmee ons moet volhard nie.
Die gelowiges word aangemoedig om geduldig te volhard. Die implikasie is dat ons kan volhard, maar ongeduldig wees. Hoe jy volhard, die gesindheid, gaan bepaal of die proses makliker of moeiliker aangepak word.
Wanneer ons geduldig is, dan is ons meer gefokus. Ons is in n beter posisie om meer doelgerig op die Here te fokus en te wag op Sy tydsberekening.
Waar het jy nodig om vandag geduldig te volhard?