21 Mei - God ken ons gedagtes
U is die een wat my sit en opstaan ken; U verstaan van ver af wat ek in gedagte het. - Psalm 139:2 (AFR20)
Niks is vir God verborge nie. Dit is maklik om ons mond te hou voor mense, maar ons gedagtes kan ons nie weg steek vir God nie. Die oomblik as jy iets gedink het wat jy wil doen of sê wat jy nie moet nie - te laat! ... God het dit klaar gesien :) Dit wat in ons hart groei, kom in ons gedagtes op en baie keer volg die mond ook.
Ons moet seker maak dat ons nie net God eer met ons woorde en aksies nie, maar ook met ons gedagtes. Dat dit wat ons nooit uitspreek nie, maar wel dink - Hom ook eer sal bring.
Bring jou gedagtes eer aan die Here? Of wens jy dat Hy dit liewers nie kon sien nie ...?