1 min read

21 Junie – Dankbaar vir werk

"... wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus." -  1 Tessalonisense 5:18 (AFR20)
21 Junie – Dankbaar vir werk
"... wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus." -  1 Tessalonisense 5:18 (AFR20)

Dankbaarheid verander hoe ons na die lewe kyk - dit verander hoe ek na my werk kyk. Wanneer ek in alle omstandighede dankbaar is, dan gee dit vir my nuwe perspektief.

Daar is baie geleenthede deur die dag waar ons dalk ondankbaar kan optreë sonder dat ons dit besef, veral by die werk ook. Hoe sal jou perspektief oor jou werk verander as jy jou werk met dankbaarheid doen?