20 September – Moenie die klein oorwinings mis nie
Want wie het die dag van klein dinge gering geskat? - Sagaria 4:10 (AFR20)
Want wie het die dag van klein dinge gering geskat? - Sagaria 4:10 (AFR20)
Moenie klein oorwinnings gering skat nie. Dit is deel van groei. Dit tel op en treë vir treë beweeg ons vorentoe en so groei ons. Dit is maklik om ontmoedig te word as ons nie vinnig genoeg groei sien nie, maar ons moet leer om die klein oorwinnings raak te begin sien en die Here daarvoor dankie te sê.