1 min read

20 Junie – Volhard in roetine

Om iets in die naam van iemand te doen, beteken jy dit dit onder hul gesag en as hul verteenwoordiger.
20 Junie – Volhard in roetine
En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank. - Kolossense 3:17 (AFR20)

Om iets in die naam van iemand te doen, beteken jy dit dit onder hul gesag en as hul verteenwoordiger. Wanneer ons iets in die Naam van die Here Jesus doen, dan beteken dit dat ons as Jesus se verteenwoordiger op treë en wat ook al ons doen, ons moet dit so doen dat dit die Here Jesus deur ons gedrag en woorde Hom eer en akkuraat uitbeeld teenoor ander.

Wanneer die gelowiges opdrag kry om in woord en daad Jesus te verteennwoordig, dan is dit 'n hoë roeping en groot verantwoordelikheid wat ons het. In die werksplek is daar baie dinge wat "mind numbing" kan wees - die dag tot dag roetine wat glad nie stimulerend is nie, maar dis die daaglikse goed wat gedoen moet word. As ons in ons roetine volhard deur dit altyd ons beste te gee, dan kan ons in die roetine die Here Jesus eer bring.

Dink bietjie na oor die roetine wat jy het en hoe jy dit aanpak?