20 Julie – Die krag van saamstaan
Twee is beter as een, omdat daar vir hulle 'n ruim beloning is vir hulle inspanning. Ja, as hulle val, kan die een sy maat ophelp; maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te help! - Prediker 4:9–10 (AFR20)

Die Here wil nie hê ons moet alleen deur die lewe stap nie. Nog minder om Hom alleen te dien nie. Die Liggaam van Christus bied vir ons ondersteuning aan. Wanneer ons saam staan, dan kan ons baie vermag. Ons kan mekaar veral by staan as die een val of struikel en dan weer op help. As jy val en jy is alleen, kan dit baie moeilik wees om self weer op te staan.
Hoe kan jy vandag iemand anders bystaan en help om weer op te staan?