21 Augustus – Tevredenheid en vrede
Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees. - Romeine 15:13 (AFR20)
God vul ons met vrede wanneer ons ons hoop in Hom plaas. Daai vrede kom ook saam met blydskap. Die twee gaan hand in hand. As jy sê jy het vrede, maar jy kan nie bly wees saam met die vrede nie - dan het jy nie werklik vrede nie. Daar is mense wat nie vrede in hul lewe het nie. Daar is dalk oomblikke, maar 'n Goddelike, voortdurende vrede? Dit sien ons min en sien ons werklik by mense wie baie lief vir die Here is en naby Hom wandel.
Waar soek jy vrede buite God?