2 September – Groei vat tyd
En Hy het gesê: “Die koninkryk van God is soos 'n man wat saad op die land uitstrooi, en nag ná nag gaan slaap, en dag ná dag opstaan, en die saad ontkiem en groei – hoe, weet hy self nie. - Markus 4:26–27 (AFR20)

Wanneer die Here in ons lewens werk, kan dit oor 'n lang tyd plaas vind en stilleweg ook. Dit is nie altyd vinnig, hard of duidelik nie. Om te groei verg geduld. Ons moet nie haastig wees nie, maar vertrou dat die Here ons help om te groei solank as wat ons langs Hom geplant is waar ons water kan kry om te groei.
Raak jy soms ongeduldig omdat jy voel jy groei nie vinnig genoeg nie?