1 min read

2 Junie – God sien my werk raak

Wanneer ons werk doen wat mekaar op bou en dien - sien die Here dit raak. Hy sien ook die werk raak wat ons daagliks doen, want niks is vir hom verborge nie.
2 Junie – God sien my werk raak
God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie. - Hebreërs 6:10 (AFR83)

Wanneer ons werk doen wat mekaar op bou en dien - sien die Here dit raak. Hy sien ook die werk raak wat ons daagliks doen, want niks is vir hom verborge nie. Ons baas of werkgewer mag dalk nie alles sien wat ons doen en in sit nie - en ook nie besef nie - maar die Here sien dit wel raak.

Dus, moet ons weet dat of ek goed of sleg werk - lyf weg steek of hard werk - die Here sien dit alles raak en ons moet seker maak dat ons Hom eer in hoe ons ons werk aanpak. Wat ek dink van die mense om my by die werk en hoe ek met hulle handel is 'n refleksie van my verhouding met die Here.

Moenie moedeloos of moeg word by die werk nie, vind jou vreugde in dit wat jy doen waarmee jy die Here kan dien en eer deur jou harde en getroue werk.