1 min read

2 Augustus – Dankbaarheid verander perspektief

2 Augustus – Dankbaarheid verander perspektief
Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. - Kolossense 3:15 (AFR20)

Wanneer ons harte met vrede gevul word deur die Heilige Gees en ons laat dit toe om beheer te neem, om te regeer in ons harte - dan help dit ons om dankbaar te wees in alle omstandighede. Dit skuif ons fokus van tekort na seën.

Wanneer ek dankbaar is, dan verander my perspektief en ek kyk en dink anders oor die dinge om my en my omstandighede.

Ek wil jou uitdaag, reaggeer op die e-pos en sê vir my, wat beteken die woord dankbaarheid vir jou? Wat beteken dit vir jou om dankbaar te wees? Ek sal graag 'n paar van jul terugvoer wil deel in die volgende nuusbrief.