19 September – Groei saam met ander
Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. - Hebreërs 3:13 (AFR20)
Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. - Hebreërs 3:13 (AFR20)
Dit is makliker om te volhard wanneer ons binne in 'n gemeenskap is. Ons het mekaar nodig om mekaar te kan ondersteun, by te staan in gebed, fisies en emosioneel te ondersteun. Wanneer ons saam staan, dan groei ons ook saam.
Volharding is makliker wanneer jy 'n ondersteuningsnetwerk om jou het. As jy een nie het nie, dan is dit tyd om aktief in te skakel by jou gemeente en 'n kleingroep te vind by wie jy kan inskakel. Dit is nie die enigste oplossing nie, maar dit help baie!