1 min read

19 Mei - Wanneer my gedagtes weg hardloop

19 Mei - Wanneer my gedagtes weg hardloop
Wanneer ontstellende gedagtes meer word in my binneste, dan beur u vertroosting my op. - Psalm 94:19 (AFR20)

Mag die Here vanoggend wag hou oor jou gedagtes. Die Here is ons toevlug en ons skuiling – dit is Hy wat ons nie net beskerm nie, maar ook ons gedagtes beskerm.

Die wêreld daar buite is uit om ons te kry. Ons wat kinders van die Here is, is vreemdelinge in hierdie wêreld. Wanneer ons gedagtes onstel word, dan moet ons dit verhoed om op hol te gaan en dit anker in God se Woord en in Sy persoon. As die Here vir ons is, wie kan teen ons wees? Dit beteken nie dat als altyd goed sal gaan met ons nie, maar dit beteken dat ons op Hom kan staat maak om ons gedagtes op Hom gerig te hou.

Moenie die duiwel 'n hou vas gee deur ontstellende gedagtes toe te laat om te broei nie.