1 min read

19 Junie – God se eer eerste

Ons het 'n lig om te skyn in die werkplek en in ons lewens. Die lig wat ons skyn is nie daar om onsself te verlig en sigbaar te maak nie, maar om die Here se Werk sigbaar te maak deur ons optrede sodat God verheerlik kan word.
19 Junie – God se eer eerste
“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”. - Matteus 5:16 (AFR20)

Ons het 'n lig om te skyn in die werkplek en in ons lewens. Die lig wat ons skyn is nie daar om onsself te verlig en sigbaar te maak nie, maar om die Here se Werk sigbaar te maak deur ons optrede sodat God verheerlik kan word.

Ons werk moet eer bring aan die Here, veral op so 'n manier dat mense nie na ons sal kyk en dink hoe goed ons is nie, maar eerder hoe goed die Here is.

Doen jy jou werk op so 'n manier dat mense God kan verheerlik deur hoe jy jou werk aanpak?