19 Augustus – Kies vreugde

19 Augustus – Kies vreugde
Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal: Verbly julle. - Filippense 4:4 (AFR20)

Vreugde is dikwels iets wat nie vanself kom nie, maar 'n keuse wat ons moet maak. Wanneer gelowiges opdrag gegee word om hul te verbly in die Here, dan is die bron van vreugde die Here - iets wat ons ten alle tye kan vind en aan gehoor gee.

Wanneer ek vreugde kies, en die Here is my bron, dan is dit moontlik om die keuse te maak en nie om te wag vir vreugde om net oor my pad te kom nie. Wanneer ek die besluit maak om doelbewus vreugde te kies dan begin my gedagtes, my gesindheid en my gemoed dit ook volg.

Wat kies jy vanoggend? Kies jy vreugde, of wag jy om te sien wat gebeur?