20 Augustus – Dankbaarheid teenoor mense

20 Augustus – Dankbaarheid teenoor mense
Ons dank God altyd oor julle almal wanneer ons aan julle dink in ons gebede. - 1 Tessalonisense 1:2 (AFR20)

Om dankie te sê bou verhoudings en eer God. Daar is baie mense wat oor ons pad kom gedurende ons lewe wat 'n groot impak maak op ons lewe. Hoeveel van daardie mense het jy jou dankbaarheid teenoor hulle uit gespreek? Wanneer ons dankbaarheid teenoor mense bekend maak, dan help dit om die verhoudings te versterk en dit laat ander waardeer voel. Dit help ook om ons eie hart dankbaar te hou en dit kweek nog meer dankbaarheid, want ons is dan ook gefokus daarop.

Wie kan jy vandag voor dankie sê?