18 Junie – Werk met betekenis
As ons vreugde kan vind in ons werk, dan is dit ons beloning vir die werk wat ons doen.
Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk, want dit is sy beloning. Ja, wie kan hom daartoe bring om te sien wat ná hom sal gebeur. - Prediker 3:22 (AFR20)
Wanneer jy Prediker 3 lees dan lees ons oor alles wat nutteloos is in hierdie lewe. Dat alles as t'ware tevergeefs is. Dus, al wat ons kan doen is om vreugde te vind in ons werk, anders is dit tot niet. As ons vreugde kan vind in ons werk, dan is dit ons beloning vir die werk wat ons doen.
My werk het betekenis - of ek daarvan hou of nie. Die Here verwag van ons om te werk - maak nie saak watter werk dit is nie - solank ons werk. Wanneer ons dit reg doen, dan vind ons vreugde daarin en dit gee vir ons werk betekenis. Dit motiveer ons.
Vra jouself vanoggend af: vind jy vreugde in jou werk? Indien nie, wat kan jy aan jou eie houding of sienswyse verander om vruegde daarin te probeer vind?