18 Julie – Gemeenskap verg nederigheid
Maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke; deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself. - Filippense 2:2-3 (AFR20)
Dit bring vreugde vir die Here wanneer die Liggaam eensgesind is en mekaar in nederigheid hoër ag as hulself. Wanneer ons nederig is en ander mense eerste plaas, dan gebeur daar iets wonderliks in ons mense verhoudings en ook in onsself. Wanneer ek ander mense eerste plaas, dan dink ek nie aan my eie behoeftes of begeertes nie. Ek dink nie aan my eie drome of ideale nie. Ek plaas hul eerste en dit wys my liefde nie net vir my naaste nie, maar ook vir die Here.
Mag die Here ons help om in nederigheid ander mense eerste te plaas en diegene saam met wie ons die Here dien, hoër te ag as onsself.