18 Augustus – Tevredenheid bring vryheid
Die Here is my herder; ek ly nie gebrek nie. - Psalm 23:1 (AFR20)
Wanneer God ons Herder is, kort ons niks wat ons regtig nodig het nie. Hy voorsien aan al ons behoeftes. 'n Skaap kommer homself nie oor waar hy môre gaan kos en water kry nie - hy gaan rustig voort met sy dag en luister na die herder se stem en leiding. Hy hoef net te gaan waar die herder om heen lei en hy sal voor gesorg word.
Wanneer ons weet dat die Here ons herder is, dan sal ons meer rustigheid hê en meer tevredenheid in ons lewens. Die tevredenheid en rustigheid, bring vir ons vryheid. Dit gee vir ons 'n innerlike vrede wat ons help om daagliks verder op die Here te vertrou.
As die Here jou Herder is, ken jy Sy stem?