1 min read

17 Julie - Om sosiaal te verkeer

Hulle het bly volhard in die leer van die •apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede. - Handelinge 2:42 (AFR20)
17 Julie - Om sosiaal te verkeer
Hulle het bly volhard in die leer van die •apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede. - Handelinge 2:42 (AFR20)

Nie almal hou daarvan om sosiaal te wees nie. Ongelukkig is dit vir baie mense 'n uitdaging waarmee hul worstel. Hulle hou nie van massas mense nie, voel ongemaklik tussen vreemdelinge of baie mense in 'n formele struktuur of voel net ongemaklik tussen mense - punt.

Die vroeë kerk, die eerste gemeente, het saam as gemeente daagliks bymekaar gekom om saam die Here te dien, saam te eet en drink, en saam te bid. M.a.w. hulle was eintlik besig om baie sosiaal te wees, onder mekaar. Dit is belangrik om dit te noem, want hierdie sosiale verbintenis en samesyn was iets wat hulle natuurlik en moet opwinding gedoen het weens die Heilige Gees wat hulle aangespoor het om vir mekaar te sorg en mekaar te bedien..

Dit is nodig vir gelowiges om sosiaal te verkeer met ander gelowiges, sodat ons geestelik kan groei, bemoedig kan word en ander ook kan bemoedig. Vir baie mense is dit 'n groot uitdaging en vanoggend wil ek jou uit daag: wat verhinder jou om meer sosiaal te verkeer met ander gelowiges? En wat kan jy daaraan doen sodat jy 'n groter aandeel kan hê in die Liggaam van Christus?