1 min read

17 Mei - Selfbeeld in Christus

17 Mei - Selfbeeld in Christus
Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef. - Efesiërs 2:10 (AFR20)

Ons waarde lê nie in ons prestasie nie, maar in die feit dat God ons geskape het. Jy is God se handewerk en jou prestasies of tekort aan prestasies is nie wat maak dat Hy jou minder of meer liefhet nie. Hy het jou geskape in Jesus Christus om goeie werke te kan doen. Geloof sonder aksie is dood – Ons is geskape om die goeie werk wat God vir ons bestem het te doen en daarvolgens te leef.

Wanneer ons tot bekering kom dan besef ons dat ons nie onsself kan red nie en goeie werke red ons ook nie, maar weens die groot genade-geskenk van verlossing wat die Here ons gegee het - word ons aangemoedig en begeer ons om die goeie te doen.

Waar baseer jy jou waarde?