17 Junie – Getrou sonder erkenning
Die Vader sien wat in die geheim gedoen word. Sy beloning vir ons is meer as genoeg. Baie maal gaan ons die ekstra myl, of ons werk ongelooflik hard, of ons doen iets wat eintlik vreeslik prysenswaardig is - maar niemand is bewus daarvan nie.
... sodat jou liefdesdaad verborge kan bly. En jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. - Matteus 6:4 (AFR20)
Die Vader sien wat in die geheim gedoen word. Sy beloning vir ons is meer as genoeg. Baie maal gaan ons die ekstra myl, of ons werk ongelooflik hard, of ons doen iets wat eintlik vreeslik prysenswaardig is - maar niemand is bewus daarvan nie. Ons moet wel weet die Vader sien dit raak en alhoewel ons nie noodwendig weet watter beloning ons sal kry nie - die feit dat ons ons beste gee en getrou bly sonder wêreldse erkenning - sou my laat glo dat die Here trots is op ons en iewers sal ons die vrug daarvan plug.
Hou aan om getrou te bly met die werk wat jy het om te doen - al sien die mense om jou nie alles raak wat jy doen nie. Mag die Vader se indruk en tevredenheid met jou genoegsaam wees vir jou.