16 September – Wanneer groei ongemerk voel
Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd. Hy het ook die besef van tydsduur in hulle harte gegee, sonder dat die mens enigsins die werk wat God van begin tot einde doen, kan peil. - Prediker 3:11 (AFR20)
Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd. Hy het ook die besef van tydsduur in hulle harte gegee, sonder dat die mens enigsins die werk wat God van begin tot einde doen, kan peil. - Prediker 3:11 (AFR20)
God werk agter die skerms. Groei in ons persoonlike, geestelike of werkslewe is nie altyd dadelik sigbaar nie. Dit kan ontmoedigend partykeer wees omdat ons vinnige resultate wil sien, maar wanneer ons saam met die Here wandel en getrou is – dan kan ons gemoedsrus hê dat God besig is om in ons te werk.
Partykeer is dit die mense om ons wat die werk van die Here raaksien en ons dit self nie noodwendig raak sien nie.
Ken jy iemand wie jy kan sien is besig om te groei in 'n sekere area? Lig dit uit en vertel vir hulle dat jy dit raak sien. Dit mag hulle dalk baie meer bemoedig as wat jy besef!