16 November – Volhard in liefde
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. - 1 Korinthiërs 13:7 (AFR20)
Liefde hou aan, selfs wanneer dit swaar is. Wanneer dit moeilik gaan of dinge nie lekker is nie, dalk baie frustrerend is of jou selfs moeg en kwaad maak - dan moet ons onsself herinner dat liefde sterker is as enigiets anders. Liefde moet alles wat ons mee worstel of mee te doen het, oorwin.
Dit is baie moeilik om in liefde op te treë wanneer mense jou te na kom of jou seer maak. Dit is moeilik maar nie onmoontlik nie.
Waar moet jy vandag in liefde volhard?