16 Mei – Fokus op wat goed is
Filippense 4:8 AFR20 [8] Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop.
Dit waarop ons fokus vorm ons gemoed. Dit maak ons positief of negatief. Wannneer ek my vul met alles wat positief en goed en mooi en rein is – dan sit dit my in n beter posisie om met n goeie gemoed ander mense positief ook te kan beïnvloed.
Jy het seker al ook iemand gehad waar die persoon baie negatief is en net fokus op al die slegte dinge om hulle. Dit is onplesierig om in so iemand se teenwoordigheid te wees.
Ek en jy moet 'n lig wees in hierdie wêreld en dis moeilik om dit te doen wanneer ons meer behep is oor alles wat sleg is om ons.