16 Junie – God gee krag
Voel jy vanoggend of jy meer krag as normaalweg nodig het? Waar put dit jou uit? Bring dit voor die Here en vra Hom om vir jou nuwe krag te gee vandag.
Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee. - Filippense 4:13 (AFR20)
God is ons bron van krag en wanneer ons doen wat God van ons verwag, dan sal Hy ook vir ons die nodige krag gee om te doen wat Hy van ons vra. In die werksplek is daar baie dinge wat ons kan uit put, maar wanneer ons ons werk met hartelus en met mening aanpak asof ons dit vir die Here doen - dan mag ons Hom ook vra vir krag om deur die dag te kom - veral as dit nie 'n maklike werk is nie.
Voel jy vanoggend of jy meer krag as normaalweg nodig het? Waar put dit jou uit? Bring dit voor die Here en vra Hom om vir jou nuwe krag te gee vandag.