1 min read

16 Julie – Dien met wat jy het

As goeie bestuurders van die veelvoudige genade van God, moet julle mekaar bedien, in ooreenstemming met die genadegawe wat elkeen ontvang het. - 1 Petrus 4:10 (AFR20)
16 Julie – Dien met wat jy het
As goeie bestuurders van die veelvoudige genade van God, moet julle mekaar bedien, in ooreenstemming met die genadegawe wat elkeen ontvang het. - 1 Petrus 4:10 (AFR20)

Ons is geroep om mekaar te dien. Dit is nie net in die kerk nie, maar waar ookal ons onsself bevind met wat ookal tot ons beskikking is. Elkeen van ons het verskillende talente of genadegawes ontvang en ons moet dit gebruik om mekaar te bedien. Of dit gasvryheid, gebed, bonatuurlike wysheid, finansieël of wat ookal is - ons moet mekaar dien.

Moet nie wag dat jy eers iets in plek moet kry of wag vir die Here om vir jou te wys waar en hoe jy moet dien nie. Begin net. Soek geleentheid en vra die Here om jou net bewus te maak - maar jy moet jouself bereidwillig maak en as jy gereed is dan sal jy meer op en wakkeer wees om geleenthede raak te sien om ander te bedien.