17 Augustus – Dankbaarheid in eenvoud

'n Bietjie, saam met ontsag vir die Here, is beter as 'n groot skat met paniek daarby. - Spreuke 15:16 (AFR20)

17 Augustus – Dankbaarheid in eenvoud
'n Bietjie, saam met ontsag vir die Here, is beter as 'n groot skat met paniek daarby. - Spreuke 15:16 (AFR20)

’n Eenvoudige lewe met God bring meer vrede as oorvloed sonder Hom. Wanneer ons tevrede is met min en saam met dit die Here dien - dan is ons vergenoegd. Dit lei na ware dankbaarheid wat net moontlik is saam met die Here.

As ons in eenvoud dankbaar kan wees, dan kan ons met meer ook toevertrou word.