15 November – Hoop wat my rig
Kyk, die Here hou sy oog op dié wat vir Hom ontsag het, op dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde. - Psalm 33:18 (AFR20)
God se oog is op dié wat op Hom hoop. Op dié wat weet wie Hy is en waartoe Hy in staat is. Die Here hou ons dop en ons ontsag vir Hom speel 'n rol.
Wat verstaan jy daaronder wanneer ons lees ons moet ontsag hê vir God?