15 Mei - Optrede wat gebede laat verhoor
1 Petrus 3:8-12 AFR20
[8] Ten slotte: Wees almal eensgesind, meelewend, vol broederliefde, vol ontferming, nederig, [9] mense wat nie kwaad met kwaad vergeld of skeldtaal met skeldtaal nie; maar, inteendeel, wees mense wat seën, omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry. [10] Immers, “wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil beleef – laat hy sy tong weerhou van wat sleg is, en sy lippe daarvan om bedrog te spreek, [11] en laat hy afwyk van die kwaad, en die goeie doen, laat hy vrede soek en dit najaag; [12] want die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore is oop vir hulle gebedsversoeke, maar die aangesig van die Here is teen dié wat verkeerde dinge doen.”
https://bible.com/bible/3499/1pe.3.8-12.AFR20
Die Here verwag van ons om as gelowiges en volgers van Hom, 'n sekere manier te lewe. Hier maak Petrus 'n beklemtoning dat die Here se ore toe is vir die wat verkeerde dinge doen.
Hierdie verse kan dalk ons die idee laat skep dat die Here verhoor nie my gebede nie, so daar moet seker nog sonde in my lewe wees. Dit is dalk moontlik, maar ons moet versigtig wees dat ons nie onverhore gebede verwar met ons wil en God se wil vir 'n situasie nie.