15 Junie – Werk om ander te help
Sien jou werk nie net as 'n manier van voorsiening vir jouself nie, maar ook as 'n manier vir die Here om jou te kan gebruik om vir ander te voorsien ook.
Die een wat nog steel, moet nie meer steel nie; hy moet eerder werk deur met sy eie hande te doen wat goed is, sodat hy iets het om vir die behoeftige te gee. - Efesiërs 4:28 (AFR20)
Werk is beter as om te steel. Dit is dalk baie "obvious", maar wat nie altyd so duidelik is nie is wat die Here van ons verwag wanneer ons werk. Dit is goed om te werk en nodig, maar die werk wat ons doen is nie net vir onsself en ons familie nie - dit is ook vir die behoeftiges om ons.
As ons nie iets het nie, dan kan ons nie help om sien na die behoeftiges om ons nie. Ons kan natuurlik steel of oneerlik geld bymekaar maak en dit gebruik om vir die behoeftiges om ons na te sien, maar die Here verwag van ons om ander te help met geld wat ons op 'n eerlike en goeie manier verdien het.
Sien jou werk nie net as 'n manier van voorsiening vir jouself nie, maar ook as 'n manier vir die Here om jou te kan gebruik om vir ander te voorsien ook.