15 Julie – Die kerk is mense
En laat julle as lewende klippe opbou tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus Christus, vir God aanneemlik is. - 1 Petrus 2:5 (AFR20)
En laat julle as lewende klippe opbou tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus Christus, vir God aanneemlik is. - 1 Petrus 2:5 (AFR20)
Die kerk bestaan nie uit 'n gebou nie. Dit bestaan uit mense. Ons almal is "klippe" wat onsself laat opbou om 'n huis te vorm. Die doel van hierdie huis, is om geestelike offers te bring aan God, deur Jesus Christus - want die liggaam (die kerk) behoort aan Hom.
Om deel te wees van die kerk beteken dan nie dat ons net na 'n gebou toe gaan nie, maar dat ons deel is van die gemeenskap van gelowiges. Dat ons ons deel doen om 'n klip te wees in die huis wat vir God gebou word, want God woon binne in ons harte. Sy Gees is in ons en dit is Sy Gees wat getuig dat ons Kinders van God is.
Ek wil jou met hierdie gedagte los - laat jy jouself op bou om deel te wees van die Geestelike Huis? Is jy beskikbaar en gewillig om deel te wees?