15 Augustus - Vreugde in versoeking
[2] Beskou dit as 'n groot vreugde, my broers, wanneer allerhande versoekings julle oorval, [3] omdat julle weet dat, as julle geloof getoets word, dit volharding meebring. - Jakobus 1:2-3
Versoekings is nie lekker nie.. tensy jou versoeking seker daardie chocolate is 😬 Dit is 'n struweling tussen wat reg en verkeerd is.
Onlangs het ek 'n situasie gehad waar ek papierwerk van een of ander aard moes kry en daar was iets kort wat verhoed het dat ek die papiere kon kry. Dit sou moeite wees om die een of twee uitstaande items te kry. Die beampte sê toe vir n klein R200 bedraggie dan sorteer hul die papierwerk uit en ek kan later die res uit sorteer. My eerste instink was ja wat, ek is onder druk en gejaag en benodig die papiere dieselfde dag. Dit het my dadelik gepla dat al hoewel dit dalk n klein issue is, dit steeds nie reg is nie. Ek sê toe vir die beampte nee dankie ek sal maar die moeite maak en dit reg doen. Die implikasie sou wees dat ek moontlik op n groot transaksie sou uit mis. Die uit einde was toe dat die transaksie voort kon gaan en die koper/kliënt kon die issues self uitsorteer.
Dit gaan nie oor die issues of papiere nie, maar oor die vertroue dat die Here steeds sou deur kom met n goeie geleentheid. Wat toe die geval was.
Ons vreugde is nie in die oomblik nie, maar na die tyd wanneer ons die resultate van ons gehoorsaamheid en vertroue.
Volhard in versoekings en laat die Here jou geloof versterk.