14 September – Oefen jou geloof

Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef. - 1 Timoteus 4:7 (AFR20)

14 September – Oefen jou geloof
Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef. - 1 Timoteus 4:7 (AFR20)

Geestelike groei vra oefening en toewyding. Dissipline help ons om sterk te word. Fisiese oefening het tog waarde, maar geestelike oefening het ewigheidswaarde. Paulus maan die gelowiges hier om hul toe te spits op geestelike groei en oefening deur om te hou aan die Woord en na te streef om heilig te lewe. D.w.s. moeite maak om die regte keuses te maak en jou geloof nie halfhartig te beskou nie.