14 November – God sien die hele prentjie

14 November – God sien die hele prentjie
Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my paaie hoër as julle paaie, en my planne as julle planne. - Jesaja 55:9 (AFR20)

Ons sien net 'n deel, maar God sien die hele prentjie. Dit gee ons gemoedrus om op Hom staat te kan maak en te vertrou dat Hy ons die regte pad sal laat loop. Ons dink so klein en ons is so beperk in ons drome, maar die Here kan baie meer doen as waarvan ons kan droom.