18 Mei – Laat dankbaarheid ons denke verander
Wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus. - 1 Tessalonisense 5:18 (AFR20)
Dankbaarheid skuif ons fokus van tekort na seën. Dit verander hoe ons dink. Dit laat my fokus op alles wat goed en positief in my lewe is en dit help my om die klein dingetjies raak te sien en daarvoor dankbaar te wees.
Maak 'n lysie vanoggend van 10x dinge waarvoor jy dankbaar is en sê vir die Here daarvoor dankie.