14 Junie – Rus is nodig
Daar is baie te sê en te leer oor die Sabbatdag in die Bybel, maar die kern boodskap is dat die mens het rus nodig en tyd moet gemaak word vir rus.
Gedenk die Sabbatdag deur dit heilig te hou. - Eksodus 20:8 (AFR20)
Rus is nie 'n luuksheid nie, maar 'n opdrag. Iets wat party mense mee sukkel. Hulle werk baie hard en wanneer hul nie genoeg tyd maak vir rus nie - brand hulle uiteindelik uit. Daar is weer ander mense wat te veel rus en nie genoeg werk nie ... maar later daaroor!
God het die mensdom 'n opdrag gegee om te werk en deur werk sal ons aan die lewe bly. Hy het wel ook opdrag gegee om 1x keer 'n week te rus, anders gaan die mens homself doodwerk. Daar is baie te sê en te leer oor die Sabbatdag in die Bybel, maar die kern boodskap is dat die mens het rus nodig en tyd moet gemaak word vir rus.
Maak jy genoeg tyd vir rus?